Jaiden Baron in sy Blitsbokke-uitrusting.

Credit: SYSTEM

Jaiden Baron is ’n kranige rugbyspeler uit Prince Alfred Hamlet, asook ’n oudleerder van Ceres Sekondêre Skool. Hy het in 2015 gematrikuleer en is verlede jaar vir die Blitsbokke gekies.

Jaiden is die enigste Breedevalleier in dié gewilde span.

Die Blitsbokke het in Januarie na Hamilton in Nieu-Seeland gereis vir die jaarlikse HSBC-Wêreld-7’s-reeks vanjaar.

Hy en sy span het die halfeindronde teen Fiji gehaal en die wedstryd 31-12 gewen.

Hierdie reeks wedstryde was ook die eerste wedstryd wat Jaiden gespeel het sedert hy vir die Blitsbokke gekies is.

Hy is nou vir twee jaar vir die Blitsbokke gekontrakteer, waarna hy sal wag om te kyk “wat die Here vir my beplan het”.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article