Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se jaarvergadering sal op Donderdag 10 Oktober gehou word.
Die venue sal nader aan die tyd aangekondig word.
Alle organisasies sonder winsbejag word versoek om hulle by die GPF te registreer.
Die vorms hiervoor is by die Worcester-polisiekantoor beskikbaar. Organisasies moet voor 27 September registreer.. Kontak AO Vathiswa Jacobs by 082 411 3064 vir enige navrae.

