Twaalf trotse inwoners van De Doorns en ’n paar kinders het op Saterdag 24 Februarie rommel opgeruim langs die pad van die kliniek tot by die AME kerk. Wat hierdie projek besonders gemaak het, is dat die onderburgemeester, Jubin von Willigh, en die wyksraadslid Felicity Vaughan saam met die inwoners die geel handskoene aangetrek en rommel opgetel het. Die Breedevallei-munisipaliteit het die swart sakke voorsien. Koop en Bou het die handskoene voorsien en SPAR het koue water en koeldrank geskenk. Trots De Doorns is ’n Inisiatief deur vrywilligers uit die De Doorns-gemeenskap wat die kultuur van rommel strooi in die strate wil verander na ’n kultuur van verantwoordelike gebruik van vullishouers by die huis en in die openbaar. Foto:


Inwoners wil ‘skoon’ kultuur kweek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article