Pamela Apollis en Francis Pietersen het vier maande gelede begin om die verwaarloosde parkie in Eerstelaan, Tulbagh, so ver as moontlik op te knap en vir die kinders wat in die parkie speel, aangenaam te maak en ook om die dorp netjies vir hul gemeenskap te maak. Hierna het nog inwoners in Eerstelaan hul voorbeeld gevolg en bygedra tot die verfraaiing van die parkie. Die hoop is nou dat ander inwoners in verskillende gebiede van Tulbagh hierdie voorbeeld sal volg om die dorp se beeld op te kikker met die plant van bome, plante en struike. Dié twee inwoners beoog nog baie veranderinge om dorp te verfraai, maar die nodige geld ontbreek. Inwoners van Eerstelaan het die vordering saam met Apollis waardeer. Van links is Elvine Stoffels, Carol Abrahams, Pamela Apollis, Christiaan Louw, Stoffel Engelbrecht, Stacy Fortuin en Hilda Green. Foto: Peter Luitjies


Inwoners maak Tulbagh self mooi

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article