Ons nooi u graag uit na die Innovation Wellness Centre in Worcester waar u ’n ontspannende massering deur een van ons masseringstudente onder leiding van Terelga Bald kan geniet.

Terelga is self blind en is ’n baie bekwame aromaterapie- en masseerterapeut wat haar kennis in die veld verder verbreed deur gereeld addisionele vaardighede aan te leer.

Die Wellness Centre is geleë op Innovation se perseel en skep ’n rustige en kalm oase weg van die daaglikse gejaag.

Dit is deur navorsing bewys dat mense met visuele gestremdhede se tas- en ander sintuie so ontwikkel dat dit hulle die vermoë bied om uitsonderlike konneksies te vorm.

Die stigma en hindernisse tot inklusiwiteit vir mense met visuele gestremdhede word by die Wellness Centre afgebreek deur hulle te bemagtig om hul spesiale sensoriese vermoëns empaties te gebruik, wat natuurlik bydra tot ’n transformerende masseringservaring, wat verder gaan as net fisieke ontspanning.

Wanneer jy ons Wellness Centre binnekom, sal jy onmiddellik die rustige atmosfeer van sagte musiek en kalmerende aromas ervaar. Ons goed toegeruste terapiekamers is spesifiek so ontwerp om toeganklik te wees vir mense met visuele en selfs ander gestremdhede. Wees verseker dat jy ná hierdie unieke ervaring by ons Wellness Centre, sonder twyfel sal wil terugkeer.

Hierdie ervaring hoef egter nie by Innovation se Wellness Centre te begin en te eindig nie!

Goed-voel en goed-doen gaan “voet aan voet”!

Innovation for the Blind se vernuwing strek verder as net voetmasserings. Ons is opgewonde om ook nou ons nuut ontwikkelde koffie-voetskrop bekend te stel. Skurwe hakke en droë voete is iets van die verlede!

Deur jou voete met Innovation se koffie-voetskrop te versorg, maak jy nie net ’n verskil aan jou voete nie, maar jy dra by tot werkskepping en is deel van ons “Reuse, Reduce and Recycle”- beweging. Innovation se voetskrop word deur ons eie visueel gestremde inwoners gemaak en verpak en ons herwin die filterkoffie van ons Barista Training Centre as ’n bestanddeel van die voetskrop. Die skrop, wat met die ander bestanddele gemeng is, help met die verwydering van droë en dooie stukkies vel en terselfdertyd word jou vel met die olies bevog.

Ons droom het ’n werklikheid geword om ’n samelewing te skep waar mense met visuele gestremdhede gelyke vennote op alle terreine van die samelewing kan wees. Om hierdie inisiatief te ondersteun of meer daaroor te wete te kom, volg ons op sosiale media @InnovationfortheBlind, besoek ons webwerf www.innovationfortheblind .org of stuur e-pos na reception@innovationfortheblind.org

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article