Langeberg se onderburgemeester, Christopher Grootboom, knip die lint om die informele handelsgebied in Robertson amptelik te open.


Die Langeberg-munisipa­liteit het onlangs die opening van ’n opgeknapte informele handelsgebied in Robert­son met ’n lintknip­seremonie gevier. Die projek, wat in April 2023 begin is en R3 687 956,65 gekos het, bied nou plek vir sowat 60 informele handelaars.

Hierdie verbeterde geriewe is in ooreenstemming met die munisipaliteit se toerismestrategie, wat daarop gemik is om ’n vriendelike en georganiseerde ruimte vir handelaars en besoekers te skep. Die nuwe gebied verseker ’n veilige omgewing waar handelaars hul produkte en dienste met selfvertroue kan aanbied.

Die onderburgemeester, Christopher Grootboom, het sy opgewondenheid oor die inisiatief uitgespreek: “Hierdie projek beklemtoon ons verbintenis tot die ondersteuning van plaaslike talent en die versterking van ’n dinamiese informele ekonomie. Hierdie belegging in ons gemeenskap is ’n belegging in ons gedeelde toekoms.”

Hy het ook ’n beroep op die handelaars gedoen: “Julle is die mense wat hierdie geriewe gaan gebruik. Hanteer dit soos jul eie huis – kyk daarna en versorg dit, want uiteindelik is dit vir julle. Van die munisipaliteit en van my kant af: Mag God jul ondernemings seën en mag julle hier groot sukses behaal.”

Die nuwe handelsgebied word verwag om plaaslike kopers sowel as toeriste te lok, wat die dorp se ekonomie sal bevorder en die unieke produkte van Robertson se handelaars in die kollig sal plaas.

Bespreek jou staanplek

Octavia Richards-Liemens

Tel: 023 626 8200

E-pos: orichardsliemens@

langeberg.gov.za

Peter-John Rosant

Tel: 023 626 8200

E-pos: prosant@langeberg.gov.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article