Almal sien uit na ’n wonderlike feestyd ná ’n lang jaar se harde werk. Ongelukkig gaan die feestyd ook soms met die oormatige gebruik van alkohol gepaard.

Dit is belangrik dat jy voor die vakansie reeds introspeksie oor jou alkoholgebruik doen.

Het jy dalk ’n alkoholprobleem?

Toets jouself deur die volgende wyd erkende Cage-vraelys eerlik te beantwoord:. C: Have you ever felt that you should Cut down on your drinking?. A: Have you ever become Annoyed by criticisms of your drinking?. G: Have you ever felt Guilty about your drinking?. E: Have you ever had a morning eye opener to get rid of a hangover?

As jy “ja” op enige vraag geantwoord het, begin die rooi gevaarligte flikker en moet jy besin oor jou gebruik van alkohol. Twee of meer “ja”-antwoorde dui op die aanwesigheid van substansgebruik-steuring en jy word aangeraai om hulp te soek.

Riglyne vir die veilige verbruik van alkohol:

Die onderstaande diagram gee ’n uiteensetting van wat beskou word as “veilige alkoholverbruik”. Neem in ag dat dit die veiligste opsie is om geen alkohol te verbruik nie en dat die onderstaande riglyne nie geld vir mense by wie ’n afhanklikheids­probleem gediagnoseer is nie. Die hoeveelheid wat as ’n eenheid beskou word, word uitgebeeld. As jy in die feestyd alkohol gebruik, maak seker dat jy die onderstaande riglyne volg.

Riglyne vir die gebruik van alkohol:

1. Verstaan hoeveel alkohol jy gebruik: Sien boonste uiteensetting. As jy meer drink as die aanbevole dosis, verhoog jy die risiko vir ongelukke en beserings. Gereelde oormatige alkoholverbruik verhoog jou risiko vir voortgesette gesondheidsprobleme, waaronder hartsiektes, kanker, lewersiektes, geestesgesondheid en breinskade.

2. Eet voordat jy alkohol drink. Alkohol wat op ’n leë maag gedrink word, gaan die bloedstroom vinniger binne. Die uitwerking van die alkohol sal dus vinniger gevoel word, wat die bestuur van jou alkoholverbruik bemoeilik. Eet voordat en terwyl jy alkohol verbruik. Probeer die volgende:

. Drink baie water.

. Moenie alkohol met suikerdrankies of energiedrankies meng nie.

. Vermy sout-peuselhappies terwyl jy drink. Dit kan jou dors maak, wat tot die inname van meer alkohol kan lei. Hou ook in gedagte wanneer jy eet voordat jy alkohol drink, die effek stadiger gevoel word, wat ook tot oormatige verbruik kan lei.

3. Tel jou drankies. Dit is maklik om meer te drink as wat ’n mens beplan. Stel vir jouself ’n limiet op die hoeveelheid drankies wat jy beplan om te drink en hou daarby. Besoek gerus jou playstore en laai ’n alkoholmeter af wat jou drankies in eenhede sal tel.

4. Vertraag jou alkoholinname met alkoholvrye drankies. Die hoeveelheid alkohol in jou bloedstroom beïnvloed hoe alkohol jou affekteer. Hoe hoër jou bloedalkoholvlak, hoe hoër is die risiko. Hoe vinniger jy drink, hoe hoër is jou bloedalkoholvlak, aangesien die liggaam slegs een standaarddrankie per uur kan verwerk. Verminder jou drankies na een per uur deur die volgende te doen:

. Drink alkoholvrye drankies;

. drink water om jou dors te les voordat jy alkohol drink;

. drink eerder drankies met ’n lae alkoholvlak; en

. sit jou glas neer wanneer jy alkohol drink.

5. Vermy drinkspeletjies en shots. Die groepdinamika van hierdie speletjies verhoog die kanse dat jy meer gaan drink as wat jy dalk beplan het.

6. Moenie drink en bestuur nie. Daar is geen veilige vlakke van alkohol wanneer dit by die bestuur van ’n voertuig kom nie. Hoe meer drankies jy gedrink het, hoe groter is die waarskynlikheid van ’n ongeluk:

. Besluit wie gaan bestuur (“designated driver”) en

. maak seker jy het genoeg geld vir ’n taxi of Uber om by die huis te kom.

7. Sê nee vir alkohol indien jy:

. Enige substansprobleem ondervind het of ondervind,

. swanger is, beplan om swanger te raak of borsvoed,

. depressief en gespanne voel,

. onveilig voel,

. nie wíl drink nie,

. medikasie neem wat ’n interaksie met die alkohol kan hê.

Indien jy enige vrae of bekommernisse het, skakel asseblief die Toevlugsentrum.

Die professionele personeel het almal in allerhande vorms van middelafhanklikheid gespesialiseer en sal u met die korrekte en nodige ondersteuning kan help. . Kontak die Toevlugsentrum by 023 342 1162 of besoek die sentrum se webblad by www.toevlug.org of stuur ’n e-pos-navraag na rehab@toevlug.org

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article