Toeskouers het die naweek die paviljoene by Mega Oval vol gesit om renjaers van oor die land heen te sien deelneem op Kleinplasie.

Credit: SYSTEM

Die Mega Oval-ovaalbaan was Saterdag 21 Mei volgepak om 17 hotrods van oor Suid-Afrika heen teen mekaar te sien meeding.

Mega Oval het ook ’n besoek van die Fanie Mathysen-hotrodgroep gekry. Toeskouers is getrakteer met vuurwarm wedrenne van hoogstaande gehalte. Tersius van Tonder van Mega Oval het die besoekers die loef afgesteek en met die louere “weggejaag” in die eindronde, met Hendrickus Botha van Oudtshoorn in die tweede plek en Donald Theron van Bloemfontein derde.

“Die klub se bestuur wil vir Fanie Mathysen bedank wat sy toergroep na Worcester gebring het, sowel as Eugene Visagie van SKP-boukontrak­teurs in Stilbaai wat die dag geborg het. Marisca de Wet van Updates en Results het ook ’n spesiale toekenning ontvang vir haar aandeel om die Mathysen-groep na Worcester te bring,” sê JD van den Berg van die Mega Oval-klub. . Die klubeindronde vir die 2021-’22-seisoen is op 11 Junie om 15:30 by Kleinplasie.

Die uitslae van die naweek se wedrenne was soos volg.Cowley Motors & Motor Vaps viersilinder-kontakklas:1. Francois Burger2. Ruhan Coetzee3. Herman MarxThe SKP Steelworx Pink Stock-klas:1. Jane Esterhuizen2. Sandra Bekker3. Annique van EedenThe Rossouw Automotive Services Junior Dev-klas:1. Jaden Brand2. Wemer van der Merwe (jr.)3. MJ van der Westhuizen

The Breërivier Koeriers BPK Stockrod-klas:1. Damien Ellis2. Martin Theron3. William GrayThe West Cape Spares 1660 MOD-klas:1. Francois Engelbrecht2. Tersius van Tonder 33. Abdul-Kader Dalwei

The Tygerberg Pools 2.1 MOD-klas:1. JP du Plessis 2. Tersius van Tonder3. Eugene de Wet

The Breede Vallei Truck Centre Hotrod-klas:1. Tersius van Tonder2. Hendricus Botha 3. Donald Theron

The Discount Boards & Timber Heavy Metal-klas:1. Nian du Toit2. Pieter Human3. Alton Steyn

The SKP Boukontrakteurs AMS V8-klas:1. Manfred Oehl2. Frans du Toit3. Roger YoungsThe Xtreme Panel & Spray Midget “A”-klas:1. Dewet Britz2. Jacques van der Merwe3. Schalk SwartThe Xtreme Panel & Spray Midget “B”-klas:1. Francois Botes2. Juan van Schalkwyk3. Andre Lotze

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article