Liminathi Mabede van die Pionierskool vir Siggestremdes in Worcester was een van die gr. 3-leerders wat onlangs hul jaarlikse langkierie-uitstappie in die Nasionale Karootuine meegemaak het. Op die foto stap juffrou Jo-Mari Fourie langs haar. Die leerders het die kans gekry om op ’n onbekende roete met hul langkieries op die tuine se “Braille Trail” te stap waar hulle bewus gemaak is van verskillende oppervlaktes, reuke, klanke en geluide.


Hoor, voel en ervaar die tuine

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article