Administratiewe personeel van die landdroshof in Worcester met hul grondwetboekies. By hulle is Francisco Steyn (hofbestuurder) en Riaan Myburg (Worcester-hof se areabestuurder).

Credit: SYSTEM

’n Groot mylpaal in Suid-Afrika se demokratiese bestel is bereik deurdat 2021 die 25ste herdenking van die aanvaarding van die land se demokratiese Grondwet was.

Die administratiewe personeel van die landdroskantoor in Worcester het meegedoen aan landwye vieringe deurdat elkeen ’n Grondwetboekie van die departement van justisie en konstitusionele ontwikkeling as geskenk gekry het.

President Cyril Ramaphosa het reeds verlede jaar op 27 April aangekondig dat die land die 25ste herdenking van die Grondwet gaan vier.

Die regering het destyds besluit dat die staat, die burgerlike samelewing en gemeenskappe in die algemeen die geleentheid moet kan benut en saamwerk om dit te vier.

Suid-Afrika se Grondwet is internasionaal een van die mees bekroonde grondwette ter wêreld. Dit word wyd erken as nie net een van die mees progressiewe grondwette nie, maar ook as ’n transformerende grondwet met sy primêre doelstelling om verandering in maatskaplike verhoudings in Suid-Afrika te fasiliteer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article