Hoërskole van oor die Breederiviervallei heen het Saterdag aan die Worcester- junior stadsraad se heel eerste talentkompetisie deelgeneem.
Esselenpark Sekondêr, die Hoërskool Breërivier, HTS Drostdy, die Hoërskool Montana, Pionierskool, Vusisizwe Sekondêr en Worcester Sekondêre Skool het aan die kompetisie deelgeneem.
Op versoek van leerders van die Hoërskool Somerset het hulle ook deelgeneem en dié skool sal hopelik volgende jaar amptelik deel van die junior stadsraad wees.
Die beoordelaars was Annelie Treurnich (WKOD-vakadviseur vir kreatiewe kunste) en Ashlon Thomas (Netflix-akteur).
Die gehoor is met wonderlike sang- en dansitems en meer deur die talentvolle jongmense van die vallei vermaak. Die beoordelaars was ook beïndruk met die Breederiviervallei se jong talent.
Die wenners:
Drama: 1. Xavier Williams, Worcester Sekondêr;
2. Refuwe Moses, Pionierskool;
3. Phumza Matlotlo, Lithemba Mphatsoane en Avusiwe Paul, Vusisizwe Sekondêr.
Sang: 1. Sesona Lanyi, Vusisizwe Sekondêr;
2. Lize Swiegers, HTS Drostdy;
3. Ashlynne Erasmus, die Hoërskool Montana.
Dans: 1. Kaylee Mc Donald, die Hoërskool Brëerivier;
2. Raalton Pienaar, Roberto Harmse, Sinegugu Silare en Refuwe Moses, Pionierskool;
3. Fagan Cupido van Esselenpark Sekondêr.


