Die organisasies Men For Change en Employee Health and Wellness, wat op die algehele welstand van manlike polisielede in die werkplek fokus, het geregsdienaars van die Worcester-polisiediens verlede Woensdag by ’n inligtingsessie oor uitdagings met betrekking tot hul geestes-, seksuele, fisieke en spirituele welstand toegespreek. Hulle het ook oor geldsake gepraat. Die kwessies is opgehaal en bespreek sodat die lede mettertyd in topvorm in die werkplek kan wees. Die sessie is deel van Internasionale Mannedag, wat die afgelope Sondag (19 November) wêreldwyd gevier is. Op die foto is sommige van die beamptes saam met verteenwoordigers van die onderskeie organisasies en Sanlam. Foto: Enrico Claassen


Hierdie manne wil ’n verskil maak!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article