Die afgelope Saterdag het De Doorns United-krieketklub (DDU) gasheer vir Hexvallei-landelike krieketklub gespeel in ’n T20-stryd van Boland-krieketraad. Die gasheer verloor die loot en word gevra om eerste te kolf. Ná ’n blitsvinnige begin, neem Hexvallei Landelik egter vinnig beheer van die stryd, en die moedige DDU-kolwers slaag daarin om die telling te voer tot 141/9 in sy toegelate 20 boulbeurte. Damian de Klerk het ’n goeie vertoning met die kolf gelewer. Hexvallei se uitblinkers met die bal was die veteraan-naatbouler Garnet Wagenstroom (4/32 in vier beurte), Renier Plaatjies (2/27), Lyle Koenze (1/27) en kaptein Apollis Dempers (1/29). Jacques Amsterdam (32), Lyle Koenze (onoorwonne op 46) en man van die wedstryd, Kurt Claassen (52 lopies) kolf flink en die gevraagde telling word sommer vinnig verbygesteek met Hexvallei-landelike krieketklub wat die derby-stryd sommer gemaklik met vier paaltjies wen. Met momentum aan Hexvallei-landelik se kant, word uitgesien na nog ’n blink vertoning eerskomende Saterdag teen Korrektiewe Dienste. Foto:


Hexvallei slaan teenstanders dronk

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article