Die vierde Hewat-onderwyskollege se reünie word die naweek van 26 tot 28 April 2024 by Goudini Spa gehou.
Die Vrydag word almal verwelkom met ’n koppie tee of ’n koeldrank. Vrydagaand is die gala-aand wat gepaard gaan met ’n langarmdans. Kleredrag is formeel.
Saterdagoggend word begin met ’n kort vergadering en dit word opgevolg met stoepstories.
’n Uitstappie word ook beoog.
Besoekers sal ook tyd hê vir swem of om net in die louwarm water te lê en week.
Saterdagaand is ’n informele dans (losdans) op die program.
Die musiekverskaffers sal later bekend gemaak word.
Sondagoggend ná ontbyt (terloops, alle etes is ingesluit) vind die afsluitingsdiens plaas.
Die Hewat-oudstudente (alumni) sien daarna uit om mekaar ná 40 of selfs 50 jaar weer te sien.
Vir enige navrae kontak die voorsitter van Worcester se reëlingskomitee, eerw. Hubert Johnson, by 074 187 6790.
Eerw. Johnson en die kassier Piet Kemp wens almal ’n geseënde Kersfees en ’n voorspoedige nuwe jaar toe.



