Eerstens wil ek ons buurdorp, die Paarl, gelukwens omdat hy Bloemfontein onlangs as ons land se amptelike Springbokfabriek onttroon het.

Sy jongste twee produkte, Kurt-Lee Arendse en Canan Moodie, het in verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk tog te lekker gespeel.

Ons dorp, Worcester, het wel nog nie ’n Springbok opgelewer nie, maar Christy Noble, Jousie Ontong en Morris Hankey sou geen Springbokspan in die steek laat nie.

Ons dorp het ook al goeie akteurs en sangers opgelewer. Hier dink ek aan David Kramer, Ronnie Appollis, Cedric Andrews, Restless Children Bacarash, Rhyth Combo, Shaheen Bergh en Deon Kleynhans, wat ons by ons onlangse Hewat-reünie met hul sang en musiek vergas het.

As akteurs kom Shimmy Isaacs, Marion Holm, Danny Ross, Clint Aploon en Donovon Pietersen dadelik by my op.

Daar is nog ’n hele paar ander ook, maar ek het nou ongelukkig hul name vergeet. Groete tot volgende keer. . Dankie Standard & Gazette vir wat julle vir die gemeenskap en streek beteken.


Hubert Johnson,

Hewat-Alumni- voorsitter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article