Eskom waarsku dat kragmeters wat nog nie teen Sondag, 24 November, herkodeer is nie, sal ophou werk. Dit kan kliënte R12 000 kos om meters te vervang.

Volg hierdie stappe om seker te maak jou meter is gereed:

Tik hierdie kode in jou kragmeter:

1844 6744 0738 4377 2416.

As die digitale paneel 1 of 1.2 wys, moet jou meter herkodeer word.

Indien die paneel 2 of 2.2 wys, is jou meter reeds herkodeer en hoef jy niks te doen nie.

Om jou meter te herkodeer, besoek enige goedgekeurde verskaffer of kontak Eskom aanlyn.

Jy sal twee stelle 20-syfer-kodes ontvang wat jy moet intik voordat jy weer krag kan koop.

Kliënte wat ses maande of langer nie krag gekoop het nie of van ongemagtigde handelaars gebruik maak, moet dringend optree.

Hierdie probleem hou verband met die oorspronklike tegnologie van die meters wat uit 1993 dateer.

Meters wat nie betyds herkodeer is nie, sal ná 24 November geen nuwe kragkodes meer kan aanvaar nie.

Kontak Eskom of besoek jou naaste verskaffer om ongerief te vermy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article