Helping Hand, ’n plaaslike organisasie sonder winsbejag, het op Vrouedag, 9 Augustus, ’n lekker warm bord kos aan bejaardes en kinders in Roodewal uitgedeel. Hulle sou aanvanklik iets anders doen, maar hul planne is deur die taxi-staking in die wiele gery. Die lede van die organisasie het deur die strate van die gemeenskap gestap en by sekere huise ingeloer. Die organisasie is in 2014 gestig en verlede jaar is hy geregistreer. Hulle wil graag ook mettertyd groter en verskeie projekte in die gemeenskappe van Worcester aanpak. Van links staan Patrick McLean, Adam Arendse, Isaac Williams, Meagan de Koker, Lindy Stoffberg, Deborah Arendse, Wilmaleen Williams en Sharon Stoffberg. Om betrokke te raak by projekte of om enige hulp aan die organisasie te bied, kontak Lindy by 060 747 1422 of Isaac by 061 010 6397.

Credit: SYSTEM

Helpende omgee-hande deel kos uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article