Hartwig Lions gaan eerskomende Saterdagaand (7 Mei) sy krieketseisoen met ’n spoggeleentheid afsluit.

By dié afskeidsgeselligheid sal spelers vir hul harde werk die afgelope twee seisoene vereer word. Lions was tydens die seisoen by drie toernooie betrokke en het in twee die uitspeelrondes gehaal.

Die klub se wenpersentasie het ook met rasse skrede verbeter – van 48% in vorige seisoene tot 78% nou, ’n prestasie waarop die klub besonder trots is.

Heelwat nuwe spelers het by die klub aangesluit, onder wie die legendariese Warren Davids asook Warren Nimrod. Saam het dié twee spelers ’n reuseverskil in die klub se mondering teweeggebring.

Saterdagaand se geselligheid begin om 18:00 by Esselenpark Dagsorg op die hoek van Stynderstraat en Sohngelaan.

Kaartjies kos R200 per persoon en kan by die spelers of by Japie Visser gekoop word. Skakel 065 013 6508 om kaartjies te bekom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article