Vrywilligers van Roodewal in Worcester het Dinsdag (16 Januarie) ingespring en meer as 100 skoolkinders van die buurt se hare gratis geskeer en gevleg ter voorbereiding van die nuwe skooljaar wat gister (Woensdag 17 Januarie) begin het. Die haarversorging was die inisiatief van Lowlanda Jacobs, ’n haarstileerder van Roodewal. Volgens Jacobs het sy en haar span hand bygesit omdat baie ouers dit nie kan bekostig om hul kinders se hare te versorg nie. Van links sit Alzatine Williams (12), Farrenique Willemse (9), Romario Frazer (7) en Caleb Lukas (7), van die kinders wie se hare Dinsdag versorg is.Foto: Enrico Claassen


Hare vir nuwe skooljaar geskeer en gevleg

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article