Die Pinelands-polisie het Saterdag geen ammunisie teen Hammies in ’n vriendskaplike rugbywedstryd op Hammiespark oorgehad nie.
Die Bobbies, soos hulle ook bekend staan, is op alle gebiede oorrompel en het regtig geen weerstand teen Hammies gebied nie.
Hammies het die saai wedstryd 61-17 oorheers nadat hy teen rustyd reeds 42-10 voor was.
Pinelands-polisie is voorlangs heeltemal oorrompel terwyl hulle agterlangs ook geen antwoorde gehad het nie.
Hier was die verskeie Hammies-skrumskakels baie belangrik met Leighton Cuttings asook Reagan Alexander wat die besoekers heeltyd aan die raai gehou het.
Hammies se agterlyn het na willekeur baljaar en groot bresse in die Bobbies se verdediging geslaan.
Hammies B het 66-17 gewen nadat hy ook gereeld agter die Bobbies se doellyn gekuier het.
C-spanne het die tweede agtereenvolgende naweek nie gespeel nie.





