Young Hamiltons RVK se B-span het verlede Saterdag die BreëLangeberg Grootuitdaag-streektitel ná ’n seisoen van voortreflike rugby gewen. Die meerderheid van die groep spelers was verlede seisoen deel van die seëvierende C-spangroep wat ook die titelhouers was, voordat hulle verlede Saterdag met hul laaste wedstryd hul titel aan Robertson C moes afstaan. Hammies C eindig tweede, ’n kortkop agter Robertson RVK. Vir die afrigters van die B-groep, Shafiek Sahabodien en Mervin Sass, kon dit beslis nie ’n maklike seisoen gewees het nie, aangesien hulle in baie gevalle spelers aan die A-spangroep moes afstaan wat grootliks ontwrigtend was. Deursettingsvermoë en dissipline was egter die wenresep. Hammies A het boonop in die tweede plek geëindig en gekwalifiseer vir die Top-12 wat later vanjaar gespeel word. Hammies vier Saterdag sy verjaarsdag in die vorm van ’n familiedag in Esselenpark-stadion. Verrigtinge begin om 12:00 en daar is ’n vol program.Foto:


Hammies B kraai koning

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article