Die Titans van Robertson het die afgelope naweek die Roses verslaan en sy T20-titel van die landelike sagtebal-krieketunie (Losku) suksesvol verdedig. Roses het die loot gewen en Titans ingestuur om eerste te kolf. Titans het ’n goeie 107 lopies in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken, met agt paaltjies plat. In die tweede beurt het Titans se boulers en veldwerkers Roses goed beperk – tot slegs 24 lopies in die eerste 10 boulbeurte. Roses het egter slegs 67/8 aangeteken. Die verdedigende kampioen van 2023, Gujarat Titans, het sodoende die eindronde met 40 lopies gewen en is weer as 2024 se kampioen gekroon. Die beste kolwers en boulers: Jayden Dewin – 4 beurte, 7 lopies, 3 paaltjies

Gujarat Titans dra weer die kroon

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article