Die Gujarat Titans van Worcester is die kampioen van die BWSKU-T20-reeks. Die Titans het in die eindronde teen die Cobras te staan gekom. Die Titans het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Die Cobras is almal vir 24 lopies uitgeboul. Titans het 25/4 aangeteken en die wedstryd met ses paaltjies gewen en is as T20-kampioene gekroon. Die Gujarat Titans bestaan grotendeels uit leerders wat teen volwassenes meeding. Te midde van uitdagings en struikelblokke, het hulle 19 wedstryde agtereenvolgens gewen – ook danksy hul toegewyde en passievolle afrigter, Yusri Abrahim.Foto:

Credit: SYSTEM

Gujarat Titans as T20-sagtebal-krieket-kampioene gekroon

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article