Gimmies se redenaars is agter van links Corné Havenga, Rina du Toit, Janica de Kock, Stephan Breytenbach, Danie du Plessis, Pieter Meiring, Conrad le Roux, Kaylin Bergh en Elné Joubert. Tweede ry: Alicia-Skye Vashu, Minette van Zyl, Leandri du Toit, Jeanlé Olivier, Sonia King, Lana de Jager, Zuané Mathee en Helena Stynder. Derde ry is Bianca du Plessis, Mircia Kendal, Lee-Ann Booysen, Courtney Gempies, Joenay Ontong, Zoë Hendricks, Zabeth Stofberg, Lize-Mari Voster en Franzé Myburgh. Voor is Lericha McPherson, Tiara Hendricks, Kiara Hendricks, Lourens Brits en Elsabé Nel (onderwyser). Foto:


Worcester Gimnasium het weer eens by die jaarlikse Radikale Redenaars-kom­petisie met die louere weggestap.

’n Magdom Gimmies het ingeskryf en uit die groot getal inskrywings het die rekordgetal van 30 leerders na die Wes-Kaapse eindronde van die kompetisie deurgedring. Dié eindronde sal op 25 Augustus by die Hoërskool Stellenberg plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article