Brandvlei-hengelklub se kompetisie is die afgelope Saterdag weer in Brandvleidam gehou, maar anders as die vorige keer was die vis meer aktief. Charl Ferreira het die A-sone met sy 14 visse (7,190 kg) gewen met Megan van Graan in die tweede plek.
Die B-sone is deur Johan Coetzee oorheers met 22 visse (7,190 kg). Hy het nie net die sone en die senior afdeling gewen nie, maar is ook as die dag se algehele wenner gekroon.
Johan Groenewald was tweede in die sone, het die swaarste karp (2,050 kg) ingeweeg en die beste onder die veterane gevaar, met Danie Wilmot in die tweede plek.
Bonita Groenewald was die wenner in die senior afdeling en het ook die swaarste witvis (0,430 kg) ingeweeg. Megan van Graan was die wenner in die vroue-afdeling en Zandré Coetzee in die junior afdeling. Jaco Coetzee het die swaarste baber (4,640 kg) aangekeer.





