Worcester se inwoners, sakelui en organisasies het die inisiatief geneem om welsynorganisasies te ondersteun. Plaaslike inwoners van Worcester, asook Fynbos Dierehospitaal, Boland-bouers, Soekertjie, Dotsure, Medipet, Ultimate Canine, Royal Canin en verskeie organisasies het dit goedgedink om in Augustus en September goedere in te samel sodat dit versprei kan word na verskeie welsynorganisasies om honde en katte te versorg. ’n Verskeidenheid goedere is ingesamel – van kos, komberse, vlooi- en bosluis-middels tot sterilisasies en lekkernye. Hierdie poging om diere te help was ’n groot sukses! Daar is soveel diere sonder huise, in nood of met beserings waaraan aandag gegee moet word. Almal in die gemeenskap het nie die tyd, kennis of finansies om self in te gryp nie. Fynbos Dierehospitaal moedig die gemeenskap dus aan om steeds wat ook al hulle kan te skenk, om iets af te staan om ’n dier in nood te help. Jou bydrae, of dit R5 of ’n kombersie is, maak ’n verskil om diere in nood te help. Deur saam te staan as ’n gemeenskap sal ons ’n groot verskil in Worcester en omliggende gebiede kan maak.


Groot uitreik vir dierewelsyn

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article