Inwoners van die Breederiviervallei en buurdorpe kan uitsien na ’n opwindende stoei-toernooi op 14 Oktober.

Die SA Kusstreek-stoeikampioenskap vind in die Merwida-saal in Rawsonville plaas.

Sowat 90 stoeiers van so ver as Namibië sal in aksie te sien wees.

Die toernooi begin om 09:00 wanneer die amptelike optog, bestaande uit die spanne van die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Namibië, gehou word.

Vyftien gewigsklasse sal meeding met stoeiers te sien van die ouderdom van o.8 jaar tot seniors.

Simonsvlei-wynkelder in die Paarl is die hoofborg en ná die prysuitdeling, wat omstreeks 17:00 sal plaasvind, word ’n wynproe en verversings danksy Simonsvlei aangebied.. Kontak Shawn Richards by 076 311 4264 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article