Die Lwazi-uitreikingsprogram in Worcester is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat in 2019 onder leiding van Gerald en Ronel Pullin gestig is.
Die doel is om leerders in die Breedevallei-gebied te help om hul drome te verwesenlik.
Die Lwazi-uitreikingsprogram bied ook spesiale programme aan vir gr.9-leerders met betrekking tot vakkeuses, asook vir gr.11-leerders, werklose jeug en matrikulante.
Dié uitreikingsprogram hou op 2 September ’n seremonie vir Breedevallei-inwoners wat ’n bydrae op hul onderskeie gebiede lewer, waaronder kerke en skole.
Mense wat hierdie jaar vereer sal word, sluit onder andere Hilton May (die Hoërskool Breërivier-skoolhoof), Andries du Toit (die Hoërskool Somerset-skoolhoof) ,Isaac Antoniie (Ashton Sekondêr-skoolhoof), Arnold Mei (Hexvallei Sekondêr-skoolhoof)’ Salome October (die Hoërskool Zwelentemba se waarnemende hoof), Felicity Pietsersen (Worcester Sekondêr se adjunkhoof), Cathy Roodman (adjunkhoof by Esselenpark Sekondêre Skool), Natasha Africa (onderwyser by Worcester Sekondêre Skool) en Neil Pietersen (onderwyser by die Hoërskool Breërivier) in.
Verskeie jeugdiges sal ook tydens die seremonie vereer word.
Die gasspreker is Werner Links, ’n apostel by The Love Church in Worcester, en die seremoniemeester is James Tempers, ’n radio-omroeper by Radio Awakening.
. Die geleentheid vind om 17:00 by die Hoërskool Breërivier plaas. Kaartjies kos R150 per persoon en kan by 081 233 0198 bespreek word.
Geen kaartjies sal by deur beskikbaar wees nie.




