Die Westelike Provinsie het Maandag vir Boland ’n lelike pak slae met 41-12 gegee.

WP het Boland omtrent van sy voete gespeel op die eerste dag van die Grant Khomo-rugbyweek vir o.16-spanne by die Hoër Landbouskool Boland in die Agter-Paarl.

Die Streeptruie het sewe pragdrieë gedruk en was rustyd reeds met 29-0 voor.Ander eersteronde-tellings:

. Bulle t. Haaie 31-27

. Vrystaat t. Grens 29-20

. Leeus t. Valke 39-7

. Pumas t. Griekwas 38-10

. Luiperds t. Limpopo Bulle 15-12

. Suidwestelike Distrikte t. Griffons 36-12

. Oostelike Provinsie t. Grens-Platteland 26-14

. Die WP XV-tal Vrystaat 50-3

. Namibië t. Zimbabwe 12-10

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article