Slegs dié een rondawel het afgebrand nadat honderde vuurvegters die oord by Goudini-spa gister van ‘n vuurverwoesting gered het, Foto: Rick Marais

Rick Marais

Dit was soos iets uit ‘n fliek. Sò word die toneel beskryf waar honderde vuurvegters, boere, polisielede en vrywilligers gister saamgekom het om die ATKV-oord Goudini-spa by Worcester van ‘n vuurverwoesting te red.

Slegs een rondawel het afgebrand.

Slegs dié een rondawel het afgebrand nadat honderde vuurvegters die oord by Goudini-spa gister van ‘n vuurverwoesting gered het, Foto: Rick Marais

“Dit was soos iets uit ‘n fliek toe ek gister uit my kantoorvenster kyk en sien hoe die brand deur die berge hardloop,” vertel Goudini se bemarkingsbestuurder, Louise van Tonder.

Volgens haar het daar ongeveer 100 vuurvegters tesame met polisiebeamptes, vrywilligers en boere uit die omgewing opgedaag om die brand te beveg. Die brand het gisteroggend omstreeks
10:30 uitgebreek het in die Badsberge net bokant die oord. Kort hierna is die oord
heeltemal ontruim.

“Ons inligtingstoonbank by die oord het gedien as die
kontrolekamer vanwaar die brandweer en polisie die situasie bestuur het. Soos ek nou hier sit kan ons nie anders nie as om dankie te sê vir ieder en elk wat ? hand bygesit het,” sê sy.

Slegs een rondawel by die oord
het afgebrand en drie ander rondawels se rietdakke is beskadig.

“Wat sake
makliker gemaak het, is dat daar ? dam direk agter die Badsberg is en die brandweerhelikopter kon water uit die dam skep om die brand te bestry.”

ER24 en die oord het bevestig 22 mense is vir rookinaseming behandel ontvang op die toneel. Sommige pasiënte is hospitaal toe gebring vir verdere
behandeling.

“Niemand het ernstig seergekry nie en daarvoor is ons baie dankbaar,” sê van Tonder. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article