Brandvlei hengelklub se kompetisie is die afgelope Saterdag in Paarl-dam gehou. En was die vis nie gulsig om aas te vat nie. Altesaam 222 vis (242kg) is ingeweeg met Jacques van Graan die meeste (42) met ‘n totale gewig van 28.51kg. Hy was algehele wenner, die B sone wenner sowel as die meesters kampioen. Megan van Graan het tweede in B sone gekom en was die wenner in dames afdeling met Bonita Groenewald in die tweede plek. Danie Wilmot was die beste in die veteraan afdeling en Charl Ferreira die beste in die senior afdeling. Tiaan Coetzee het die junior afdeling oorheers. Johan Coetzee het die swaarste karp (3.9kg) geland en Pierre Snyman die swaarste baber.
Goeie vangs vir Brandvlei-vissers
|
Share this post:





