Leerders van Glen Heatlie Primêre Skool in De Wet het skoolklere ontvang van Cyril Hendricks, ’n plaaslike dominee, en stigter van die organisasie sonder winsoogmerk, Rachel’s Care and Development Ministries in Worcester. Hierdie organisasie gebruik skenkings vir plaaslike projekte, soos byvoorbeeld klere en skryfbehoeftes of selfs kos. Die leerders van Glen Heatlie het elkeen ’n skoolhemp, -broek, -trui, -skoene, een paar sokkies en skryfbehoeftes ontvang. Op die foto staan agter, van links, Bridgette Jeena (onderwyser), Cyril Hendricks (stigter van Rachel’s Care and Development Ministries) en Aubrey Lawrence, die skoolhoof.


Glen Heatlie ontvang skenking

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article