Leerders van Glen Heatlie Primêre Skool by die reusepampoene wat die skool gekweek het. Die pampoene is aangeplant in ’n skoolprojek waarin elke graad (1-7), die administratiewe personeel en algemene werkers by die skool hul eie pitte moes plant en versorg. Die gr. 3-klas van Anneline Vester is as wenners gekroon met die gr. 4-klas van Sheldon Jansen wat tweede was en die tuiniere wat in die derde plek was. Hierdie jaar beoog die skool om weer die pampoenkompetisie van stapel te stuur en wil die leerders bewus maak van die belangrikheid van ’n tuin in elke huishouding. Elke leerder gaan ’n saailing (kool en blomkool) ontvang wat hulle by die huis moet gaan kweek. Leerders met die grootste kole en blomkool gaan dan pryse vir hul produkte ontvang. Die skool beoog om met die projek die kole en blomkole aan instansies vir behoeftiges te skenk.Foto:


Glen Heatlie kweek reusepampoene . . .

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article