Die matriekklas van 1974 van die Hoër Handelskool Worcester het die naweek van 15 tot 17 Maart hul 50-jaar-reünie by die Breede Otter-kampterrein in die Scherpenheuwel-omgewing gehou. Altesaam 32 van die oorspronklike 104 matrieks het die geleentheid bygewoon en hulde is gebring aan die 17 wat reeds oorlede is. Besoekers van so ver as Pretoria, Roodepoort, Kenton on Sea en Hartenbos het die byeenkoms bygewoon. Benewens die besonder lekker en gesellige saamkuier, gesels en lag, is ook besoek gebring aan die destydse skoolgebou in Durbanstraat, wat nou ’n streekkantoor van die Kaapse Wynland-onderwysdistrik huisves. Hierdie groep hou sedert 1994 gereeld amptelike reünie-byeenkomste, maar kom ook gereeld – minstens een keer per jaar – in kleiner groepe bymekaar om vriendskapsbande te behou en te versterk.


Gits Gert, kyk hoe lyk jy nou!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article