Worcester Gimnasium se toutrekspanne het onlangs aan die WP/Wynland-kampioenskap deelgeneem en uitstekend gevaar.
Die uitslae is soos volg: 560 kg-seuns (goud, nasionale gewig; 480 kg-A-seunspan (goud); 440 kg-meisies (silwer); 480 kg-B-seunspan (brons); 520 kg-gemengde span (brons, nasionale gewig) en 480 kg-meisiespan (sesde plek).
Die skool is baie trots op die toutrekkers se uitstekende prestasies. Dit getuig van ure se harde werk, opofferings en toewyding en die skool sê hy is opgewonde oor die toekoms van toutrek by Worcester Gimnasium.





