’n Man van De Doorns is voorverlede Sondagoggend noodlottig gesteek en ’n vrou is dood in haar woning gevind.

Die steekvoorval het om 02:00 in Orchard gebeur.

“Die oorledene het ’n man genader en hom gevra wat sy naam is, maar toe steek die man hom en hardloop weg. Die oorledene het hom egter agternagesit en ook gesteek,” sê ’n woordvoerder van die De Doorns-polisie.

Niemand is nog in verband hiermee in hegtenis geneem nie.

Die polisie het ’n vrou Sondag (9 Oktober) dood in haar huis aangetref nadat hulle ’n oproep van haar vriend ontvang het.

“ ’n Vrou het ons geskakel om te sê haar broer het sy vriendin aangerand, Hy het ons later ingelig waar ons haar sou kry en het erken hy het haar aangerand. Met verdere ondersoek is die vrou dood in haar huis gevind,” sê die polisiewoordvoerder.

Die verdagte was ten tyde van die oproep en vonds by sy suster in Zwelethemba. Hy is sedertdien in hegtenis geneem. – Tamsyn Jantjies

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article