Die vermoedelik gesteelde vragmotor wat vanoggend (26 April) op Du Toitskloofpas omgeslaan het.Foto: Ismail’s Towing

Credit: SYSTEM

Die Paarl-polisie het aan die Paarl Post bevestig dat ’n gesteelde trok vroeg vanoggend (26 April) omgeslaan het op Du Toitskloofpas.

Paarl polisiewoordvoerder Kaptein Louise du Plessis, het gesê dat die polisie om 03:00 Woensdagoggend op die toneel aangekom het. Met hul aankoms op die toneel was die trok verlate gevind.

By nadere ondersoek is daar vasgestel dat die vragmotor moontlik vanuit die Kaapstad-hawe gesteel is.

Die pas was vir ure vir verkeer gesluit terwyl die vragmotor verwyder is en die toneel veilig verklaar is.

Die polisie sal verder ondersoek instel na die diefstal.

Lees die volledige storie in volgende week se uitgawe van Paarl Post.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article