Bejaardes en pensioenarisse word uitgenooi na ‘n gesondheidsorgkliniek wat op 20 Oktober by Esselenpark Primêre Skool in Van Huyssteenlaan, Worcester, gehou word vanaf 08:30 tot 11:30.


‘n Gesondheidsorgkliniek word op 20 Oktober vir bejaardes en pensionarisse by Esselenpark Primêre Skool in Van Huyssteenlaan, Worcester gehou.

Die kliniek is ‘n humanitêre en liefdadigheids-inisiatief deur die Islamitiese Mediese Vereniging in samewerking met die Worcester Islamitiese Gemeenskap.

Moegammad Stephanus, geestelike leier van die Worcester Islamitiese Gemeenskap Masjidul Kareem, sê deur middel van die kliniek probeer hulle om gesondheidsorg aan bejaardes en siekes te verskaf, spesifiek diegene wat nie maklik toegang tot mediese dienste het nie.

Hy sê die kliniek is ook ‘n geleentheid om moontlike siektetoestande vroeg te identifiseer en pasiënte na toepaslike spesialiste of fasiliteite te verwys indien nodig.

Die kliniek is ‘n gratis diens vir die gemeenskap.

Die dienste wat aangebied sal word, sluit in bloeddrukmeting, kontrole van vitale tekens, algemene mediese ondersoeke en verwysings indien verdere behandeling nodig is.

‘n Tandheelkundige ondersoek sal ook gedoen word.

Diegene wat die kliniek gaan besoek, word aangeraai om eers ontbyt te hê voor hulle die huis verlaat.

Hulle word voorts versoek om ‘n identiteitsdokument, kliniek- of Sassa-kaart en chroniese medikasie saam te bring.

Die kliniek word gehou vanaf 08:30 en duur tot 11:30

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article