In die gees van die feestyd wil Innovation for the Blind opreg dankie sê aan al ons lojale kliënte, donateursvriende en die gemeenskap vir jul ondersteuning gedurende die jaar.
Mag u elkeen ’n vredevolle tyd saam met geliefdes ervaar en mag die nuwe jaar vol voorspoed en seëninge wees.
Ons deel met graagte ons inwoners se spesiale Kersboodskappies met u:
“Ek as inwoner van Innovation for the Blind sê net baie dankie aan alle donateurs en skenkers. Dankie vir die geleenthede wat julle vir ons geskep het deur die jaar. Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar aan u en u familie.” Willem Kotze [Binnehof]
“Ek wil net baie dankie sê aan die donateurs vir hul onbaatsugtige skenkings. Ons waardeer dit baie. Gods rykste seëninge op julle pad vorentoe. Geseënde Kersfees.” Cindy Swart [Huis Ebenhaezer]
“Dankie aan alle donateurs vir dit wat julle vir ons gedoen het deur die jaar, en vir dit wat julle nog gaan doen. Sonder julle sal ons dit nie gemaak het nie, alle seëninge op julle pad vorentoe. Kersgroete.” Lorraine Coetzee [Huis Ebenhaezer]
“Baie dankie aan al ons getroue donateurs wat ons so mooi bygestaan het die afgelope jaar – julle is puik! Dankie ook aan ons Hemelse Vader vir goeie gesondheid en dat Hy ons deur nog ’n jaar gedra en beskerm het.” Ronel de Bruyn [Huis Jack Pauw]
Terwyl jul voorberei vir die feestyd wat voorlê, hou asseblief ons visueel en addisioneel gestremde inwoners wat nie die feestyd saam met hul geliefdes kan deurbring nie in jul gebede.
As u ’n verskil in die lewe van ’n siggestremde persoon wil maak of ’n Kersboodskap aan ons inwoners wil stuur, kontak asseblief Innovation for the Blind by 023 347 2745 of e-pos info@innovationfortheblind.org
Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2023!

