’n Senuweeagtige Geraldo het sy eerste skooldag begin toe die nuwe skoolkwartaal Dinsdag (19 Julie) begin het.Foto: Phiwokuhle Mothemela


Die jaar, tyd en datum wat die jong seun van Avian Park vir sy amptelike skoolloopbaan by ’n skool gesit het, sal vir altyd in sy gedagtes ingeprent wees.

Soos ander kinders van sy ouderdom het Geraldo, die seun wat in sy hele 12 jaar nog nooit die binnekant van ’n klaskamer gesien het nie, Dinsdag met skool begin.

Gewapen met sy beste, senuweeagtige gesiggie en sy nuwe skooluniform, het Geraldo die terrein van Worcester RK Primêr skool binnegestap, vergesel deur sy oupa wat ook 12 jaar vir hierdie oomblik gewag het.

“Ek is so bly dat ons uiteindelik by ’n punt gekom het waar Geraldo skoolgaan. Dit het my altyd seergemaak as hy vra wanneer hy skool toe gaan,” sê Louis Mpinda, sy oupa.

“Ek het gedink ek gaan vanoggend met hom sukkel, maar hy was voor my op.”

Ná ’n vorige vergadering met die hoof van die skool gaan Geraldo in graad 3 geplaas word waar hy vir twee weke gemonitor sal word voordat ’n finale besluit oor waar om hom te plaas geneem kan word.

Hubert Titus, hoof van die skool, was baie gretig om Geraldo ’n kans te gee.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article