Christiaan Genade het aan die 2021- Sanlam WOW-spelfees, wat vir die Toyota US Woordfees op DStv-kanaal 150 uitgesaai is, deelgeneem. Hy is die wenner van die graad 9- Afrikaans Huistaal-kategorie met altesaam 550 punte. Foto: Ina Genade


Christiaan Genade het onlangs as die graad 9- Afrikaans Huistaal-wenner van die Sanlam WOW-spelfees se televisiekompetisie uit die stryd getree.

Dié leerder van Worcester Gimnasium het aan ’n nuwe formaat TV-spelfees deelgeneem, wat vir die Toyota US Woordfees op DStv-kanaal 150 uitgesaai is.

Die program het uit drie rondes bestaan waarin leerders soveel woorde moontlik binne 90 sekondes moes spel en hul taalkennis met idiome, asook hul vernuf om lang woorde wat geskommel is, te ontsyfer, is getoets.

Christiaan het met sy altesaam 550 punte die eerste plek behaal en ’n slimfoon gewen. Hy het ook ’n geldprys en woordeboek gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article