Daar is net nie keer aan die Worcester United Krieketklub se vrouespan nie wat Sondag (29 Januarie) sommer vinnig met De Wet Landelike Krieketklub se vrouespan op die Fanie Otto-sportterrein afgereken het.
Worcester United KK se vrouespan het besluit om eerste te kolf en Rasley Erasmus het haar staal gewys toe sy 48 lopies aangeteken het.
Die vroue van Worcester eindig op 136, en te danke aan hul boulers was daardie telling nooit in gevaar nie, want hulle het sommer vinnig die paaltjies ingeryg.
Cindy Simons het vyf paaltjies platgetrek, en die kaptein, Mirecia Maart-Hendricks, het ’n verdere drie paaltjies laat kantel.
. Vroue wat meer wil weet of betrokke wil raak by die vrouespan, kan Elmaré Andrews by 073 094 9979 kontak.



