oogsorg
Neovision Mountain Mill bied bekostigbare, doeltreffende oogsorg. FOTO: Unsplash

In die hart van Worcester het Neovision Mountain Mill ‘n gerespekteerde naam geword in die oogkundesektor, waar bekostigbare oogsorg hand aan hand gaan met uitmuntende professionele diens.

Hierdie praktyk, wat die Breede Vallei en omliggende gebiede bedien, het onlangs ‘n nuwe eienaar gekry. Marilet Knoesen is ‘n toegewyde oogkundige wat ‘n vars perspektief en hartstogtelike benadering tot gemeenskapsgebaseerde oogsorg bring.

‘n Reis van passie en toewyding

Oorspronklik van Upington, het Knoesen haar kwalifikasie in 2023 in Bloemfontein verwerf, waarna sy  die besluit geneem het om Worcester haar tuiste te maak.

“Ek is van die begin af verwelkom in die gemeenskap wat die dryfpunt was tot die besigheidsbesluit om die nuwe eienaar van Neovision Mountain Mill te word.

“Dit maak my hart warm as ek myself in die publiek bevind en sien dat Worcester en die gemeenskap trotse Neovision kliënte is,” deel Knoesen met trots.

Omvattende oogsorgdienste vir almal

Neovision Mountain Mill Worcester bied ‘n wye verskeidenheid pakkette wat toeganklik is vir die hele gemeenskap:

  • Gratis oogtoetse vir bejaardes wanneer hulle brille laat maak
  • Spesiale pakkette vir studente en skoliere
  • Bekostigbare oogtoetse teen slegs R190
  • Persoonlike diens vir alle ouderdomsgroepe

“Ons streef om die hele Breedevallei en omliggende gebiede te diens met bekostigbare oogsorg en uitmuntende professionele diens,” beklemtoon Knoesen.

‘n Ervare en toegewyde span

Die praktyk word ondersteun deur ‘n span van vier toegewyde personeellede:

  • Elrencia het 5 jaar se ervaring by die praktyk
  • Selma is in haar tweede jaar as deel van die span
  • Cora is ‘n bekende gesig in die bedryf en die nuutste spanlid
  • Marilet is al amper ‘n jaar betrokke by Neovision-praktyke en vanaf Februarie 2026 die permanente oogkundige
Neo vision
Die Neovision-span is Selma Jantjies, Elrencia Vergotiwe, Marilet Knoesen en Cora Smit.

Wat Neovision uniek maak

“Dit sal definitief die waardes wees waarvoor ons as Neovision-groep staan. Waarde vir diens wat gelewer word en produkte wat ontvang word, deursigtigheid, kwaliteitdiens, en dat ons iets vir almal het,” verduidelik Knoesen.

Die praktyk onderskei hulleself ook deur hulle toekomstige planne om gebaretaal te implementeer om die dowe gemeenskap nog beter te kan bedien.

‘n Visie vir die toekoms

Knoesen se langtermynvisie is doelgerig, maar eenvoudig: “Om Neovision as ‘n algemene huishoudelike naam te vestig, as gevolg van die kwaliteitdiens wat ons lewer.”


Kontak Neovision Mountain Mill Worcester vandag vir ‘n bekostigbare oogtoets.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article