Die Fred Gaum Hostelites nooi alle oud-leerders van Fred Gaum Hoërskool, wat deesdae bekend staan as Ceres Sekondêre Skool, uit na ’n gala-aand om hulde te bring aan die oud-skoolhoof Wesley Baartzes. Die geleentheid vind op 5 Augustus van 17:00-23:00 plaas by die skool teen R300 per persoon. Die Wesley Baartzes-stigting wat gewese hoërskoolleerders in die Koue Bokkevelddistrik finansieel sal bystaan met tersiêre studies, sal ook by hierdie geleentheid bekend gestel word.

Bel Wilma Cupido by 073 880 0321 vir kaartjies. Net 250 kaartjies is beskikbaar. Navrae: Jantjie Marthinus (060 527 9148), Floors Baartman by 081 815 7343 en Lynn Julies by 078 915 2902.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article