Die 2024- Hermanus Kalfiefees verwelkom graag weer vanjaar gehore uit alle windrigtings van Donderdag 1 Augustus tot Sondag 11 Augustus (wat die Vrouedag-langnaweek insluit).
Wat ’n spesiale hoogtepunt is dit nie om die 24ste Kalfiefees op die planke te bring nie!
Vanjaar se feesprogram is tjok-en-blok vol met aanbiedinge deur wêreldklas-kunstenaars van oor die land heen.
Feesgangers kan oudergewoonte uitsien na iets vir elke smaak – van drama en komedie tot musiek, dans, kinderteater, boekbesprekings, kuns én leefstyl.
Die fees lok elke jaar bekendes en vanjaar is geen uitsondering nie, met legendariese ikone tot van Suid-Afrika se blinkste nuwe sterre soos Sandra Prinsloo, Tobie Cronjé, Deon Meyer, Elzabé Zietsman, Neil Sandilands, Frazer Barry, Lyntjie Jaars, Schalk Joubert, Jak de Priester, Amanda Strydom, Jannie du Toit, Daniel Anderson, Mel die storieverteller, Lara Hattingh, Jeremeo le Cordeur, Dean Smith, Ignatius van Heerden en vele meer.




