Die Worcester-fotografieklub begin vanaand (13 Februarie) die jaar met sy eerste byeenkoms met die tema “Landskap / Seeskap”.
Die klub kom elke tweede Donderdag van die maand by die Hooggelegen-aftree-oord in die Langerug-saal om 18:30 vir 19:00 bymekaar.
Alle belangstellendes is welkom om dit by te woon. Kom kuier en kom gesels saam vir die aand. Lede en alle foto-entoesiaste leer by mekaar en uit die kommentaar wat deur die beoordelaar gegee word.
Bring asseblief jou rybewys/ID saam vir sekuriteitsdoeleindes om by die hek in te kom.
Bring ook jou eie koffiebeker saam om iets te drink.
Kontak Ansie Steenekamp by 071 891 6699 vir verdere inligting oor die klub,





