Emelia Fortuin (tweede van links), ’n gr. 9-leerder aan die Hoër Tegniese Skool Drostdy (HTS) en lid van die Fit2Run-atletiekgroep, het Saterdag (25 Maart) ’n bronsmedalje in die 1 500 m-item vir o.16-meisies in die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap in Pietermaritzburg verower. Dit is tot dusver Fit2Run se tweede medalje vir 2023. Die volgende kampioenskapsbyeenkoms is die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekkampioenskap van 2 tot 5 April in Germiston, Gauteng.

Credit: SYSTEM

Fortuin draf weg met brons

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article