Enrico Claassen
Die Fit2Run-akademie in Worcester kondig met trots aan dat altesaam nege van sy atlete gekwalifiseer het om aan die ASA (Atletiek Suid-Afrika) se 2025-kampioenskap vir juniors deel te neem.
Die kampioenskap duur van vandag (Donderdag 27 Maart) tot Saterdag (29 Maart) by die Groenpunt-stadion in Kaapstad.
Hierdie is ‘n beduidende prestasie vir die akademie, wat sy groeiende invloed op die nasionale verhoog beklemtoon.
Fit2Run is ‘n vereniging wat ingevolge Artikel 21 opgeneem is om minderbevoorregte kinders, wat atletiese talent vir hardloop toon en uit behoeftige gemeenskappe kom, te identifiseer en te koester.
Hierdie jong mense het dikwels nie toegang tot doeltreffende opleidingsfasiliteite of toerusting nie en benodig toegewyde ontwikkeling om hul volle potensiaal te bereik.
Die akademie streef daarna om hierdie kinders holisties te ontwikkel en hulle bly deel van die program van 12-jarige ouderdom totdat hulle gr. 12 slaag.
Fit2Run-atlete is met verteenwoordiging oor verskeie ouderdomsafdelings en dissiplines gereed om hul talent en harde werk in een van Suid-Afrika se mees gesogte junior atletiekkompetisies ten toon te stel.
Só lyk die geskeduleerde program vir Fit2Run se atlete:
• Vrydag, 28 Maart 2025 (Dag 2):
Ejay Brown (seuns o.16) – Hoogspring: 15:30
Phillip van Tonder (seuns o.18) – 800 m Uitdunne: 13:20
Leetin Syfers (seuns o.20) – 800 m Uitdunne: 13:40


