Eskom het vanoggend (10 Mei) ’n verklaring uitgereik nadat ’n groot stelselfout opgeduik het en die veselnetwerk in gedeeltes van die Wes-Kaap tans belemmer.

Eskom het in hierdie verklaring genoem dat hulle graag kliënte wil inlig dat hierdie fout die kommunikasie tussen die stelsel en verskeie substasies in dele van die Overberg, Boland en groter Kaapse-metropoolgebied raak.

“Klante kan vertragings met die herstelproses verwag aangesien ons die operasionele impak van hierdie groot veselnetwerkfout bestuur. Sommige areas is reeds herstel, maar daar is ’n vertraging in herstel, veral – ook danksy beurtkrag. Daar is ook op hierdie stadium geen geskatte tyd van herstel nie,” lui die verklaring.

Klante word gewaarsku om alle elektriese toestelle as lewendig te beskou vir die volle duur van die onderbreking.

Eskom-kliënte word aangemoedig om die MyEskom toepassing af te laai, wat beskikbaar is op die Apple-winkel en Google Play, of maak gebruik van die Alfred Chatbot op die Eskom webwerf om ’n fout aan te meld of te rapporteer.

Alternatiewelik kan klante die inbelsentrum kontak by 08600 37566 of via e-pos by customerservices@eskom.co.za.

Eskom vra om verskoning vir enige ongerief wat aan sy kliënte veroorsaak is en sal poog om die toevoer so gou moontlik te herstel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article