Die Wes-Kaapse departement van gesondheid in die Kaapse Wynland ontvang graag Breedevalleiers van 20 tot 23 Februarie en van 27 Februarie tot 3 Maart by Worcester se stadsaal, tussen 09:00 en 15:00.
Ouers kan hul kinders (tussen ses maande en 15 jaar) na die stadsaal bring vir die nodige inenting teen masels.
Bring asseblief jou kind se kliniekkaart (Road to Health-boekie) saam, as dit moontlik is.
Volwassenes kan ook hier hul Covid-19-inenting kry.
Mense 18 jaar en ouer kwalifiseer nou vir ’n bykomende dosis van dié entstof om hul weerstand teen die virus so sterk as moontlik te hou.
Inentings teen masels en Covid-19 is ook gratis by jou naaste kliniek beskikbaar.